Bybelvasvra

Romeine – Gesprek 02 Aanbieder Rom 1:18-32  God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. (19)  Wat 'n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring.  (20)  Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie,  (21)  omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Romeine 1:18-32
  1. Praat Paulus hier van die Jode of die nie-Jode?
As mens vers 21 lees lyk dit asof hy van die nie-Jode praat. Hy verwys nie hier na Jesus Christus nie, maar na God.
  1. Hoekom is die mens wel skuldig?
God het dit van die begin van die skepping af moontlik gemaak dat die mens Hom kan ken.
  1. Hoe maak God dit vandag steeds moontlik dat die mens Hom kan ken?
Die Bybel, getuienis oor Jesus Christus, Skole, ouers wat die regte voorbeeld stel, internet, familie en die natuur. Die werking van die Heilige Gees en die mens se waarneming van die skepping en alles wat so wonderlik groot is. Mense is vandag meer bewus van hoe belangrik die natuur vir ons is. Ons moet hieruit leer dat ons meer tyd moet maak om God te beleef in al die dinge rondom ons. Maak ’n bietjie tyd om die klein dingetjies In die skepping raak te sien net soos wat jy die groot dinge soos ’n waterval, sonsondergang of ’n reënboog sal raaksien. Maak tyd om al hierdie dinge te beleef en na te dink oor God se goedheid en liefde en oor hoe ’n mens dit ook kan sien in die mooi dinge wat mense vir mekaar beteken. Handelinge 17:16-32 – Paulus verkondig die onbekende God.  Lees dit deur en sien veral raak die verwysing na die “onbekende god”. Dit is net soos vandag waar mense graag roem op die feit dat hulle nie kerklik is nie, maar darem glo dat daar ’n Opperwese is. Die Boesman wat nog nooit van God gehoor het nie, het tog ’n bewussyn van God al ken hy nie vir God soos ons God ken nie. Dit is dan ons verantwoordelikheid om in sy bewussyn van ’n goddelikheid aan hom te verkondig woe God is. Ons moenie onsself in die plek van God stel om ’n uitspraak te wil maak oor wanneer mense hemel toe sal gaan of nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister.  (22)  Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas.  (23)  In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel hulle beelde wat lyk soos 'n verganklike mens of soos voëls of diere of slange.  (24)  Daarom gee God hulle aan die drange van hulle hart oor en aan sedelike onreinheid, sodat hulle hulle liggame onder mekaar onteer.  25)  Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen
  1. Wat is die dinge wat die mens vandag in die plek van God vereer?
Ego - Geld, sosiale aktiwiteite, sport, familie, stokperdjies, besittings.
  1. Het God dit probeer keer?
Nee, Hy het hulle gelos om te doen wat hulle verkies. Verwys na vers 26-31. Dit gaan nie hier bloot om seksuele vergryp soos homoseksuele perversiteit nie, maar oor alle ongeregtighede. Dit is die bewys van mense se miskenning van God se teenwoordigheid. Moenie hier te veel tyd bestee om te praat oor homoseksualiteit nie. (Ons kan dit op ’n later geleentheid bespreek.) Die Afrikaanse vertaling praat van homoseksualiteit asof dit een en dieselfde is as homoseksuele perversiteit. Laasgenoemde is maklik om ’n uitspraak oor te maak, maar homoseksualiteit a.g.v. biologiese afwykings nie so maklik nie. Dit gaan hier oor alle ongeregtigheid waaraan die mens hom vergryp. Die seksuele orgies van die Romeinse regeerders was dalk ’n maklike voorbeeld,
  1. Wat is die dinge wat mense vandag doen wat wys dat hulle nie hulle aan God steur nie?
Eie geregtigheid, moord, perversiteit, sedeloosheid, wreedheid, bedrog, kwaadsteek, ontrouheid, ens. Die mens is vandag nog altyd sy eie grootste vyand. Paulus beskryf dit in Galasiërs dat die mens se natuurlike drang in stryd is met wat die Gees van God wil. Indien God nie die belangrike fokus in jou lewe is nie, sal jy beheer word deur die begeertes van jou hart. Daarom is dit belangrik om God te verheerlik met alles wat jy doen en sê. (26)  Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in 'n teen-natuurlike omgang.  (27)  Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit.  (28)  En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.  (29)  Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid; hulle is vol jaloesie, moord, twis, bedrog en kwaadwilligheid. Hulle skinder en  (30)  praat kwaad; hulle haat God, hulle is hooghartig, aanmatigend, verwaand; hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam aan hulle ouers;  (31)  hulle is onverstandig, onbetroubaar, liefdeloos, hardvogtig.  (32)  Hulle is mense wat die verordening van God ken dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen.
  1. Hoe verskil hierdie gedeelte van die eerste 17 verse?
Eerste 17 verse vertel van redding wat deur genade alleen o.g.v. geloof in Jesus Christus kom en hierdie gedeelte praat oor die skuld wat die mens voor God het. Dis asof God hier jou ruk tot die werklikheid. Rom 2:1-29  Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat 'n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor 'n ander 'n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde dinge. (2)  Ons weet dat God regverdig handel wanneer Hy mense wat sulke dinge doen, veroordeel.  (3)  Maar jy, mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen, en jy doen dit self, verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom? (4)  God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?  (5)  Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag, wanneer God sy regverdige oordeel sal uitspreek. (6)  Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade:  (7)  aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe; (8)  maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn. (9)  Lyding en benoudheid bring Hy oor die lewe van elke mens wat kwaad doen, in die eerste plek oor dié van die Jood, maar ook oor dié van die nie-Jood. (10)  Ewige heerlikheid, eer en vrede skenk Hy aan elkeen wat goed doen, in die eerste plek aan die Jood, maar ook aan die nie-Jood. 11)  God trek immers niemand voor nie.  (12)  Almal wat sonder die wet van Moses gesondig het, sal ook sonder die wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, oor hulle sal volgens die wet geoordeel word. (13)  Nie dié wat die wet hoor, word deur God vrygespreek nie, maar dié wat doen wat die wet sê, sal vrygespreek word. (14)  Wanneer heidene, wat nie die wet het nie, tog vanself dinge doen wat die wet vereis, is hulle vir hulleself 'n wet al het hulle nie die wet nie.  (15)  Die optrede van sulke mense bewys dat die eise van die wet in hulle harte geskrywe staan. Ook hulle gewetens getuig daarvan wanneer hulle in 'n innerlike tweestryd deur hulle gedagtes aangekla of vrygespreek word. Romeine 2:1-3:8
  1. Praat Paulus hier van die Jode of die nie-Jode?
In diens ons na vers 17 kyk wil dit lyk asof hy sy fokus geskuif het na die Jode.
  1. Beteken vers 6 en 13 dan nou dat ’n mens wel o.g.v. sy dade gered kan word?
Nee, Paulus bedoel gewoon dat mense bewus moet wees dat God uit jou optrede ook kan sien of jy die getuienis van sy goedheid en liefde aanvaar het. Vgl. Vers 28,29  waar Paulus sê die ware besnydenis lê nie in die uiterlike vorm van godsdiens nie, maar juis daarin wat in die hart is deur die Heilige Gees.
  1. Waarin kan ons vandag in die kerk sien dat mense hou aan die uiterlike vorm van godsdiens en nie die oortuiging in die hart het nie?
Mense se halfhartige verbintenis met die kerk. Die dinge wat gelowiges doen bv. kwaadsteek, egskeiding, bedrog, ens. 16)  Dit sal aan die lig kom op die dag wanneer God deur Christus Jesus oor die verborge dinge van die mense sal oordeel, ooreenkomstig die evangelie wat ek verkondig (17)  Jy, jy sê jy is 'n Jood, jy verlaat jou op die wet van Moses, jy beroem jou daarop dat God jou God is,  (18)  jy ken sy wil en jy onderskei die dinge waar dit werklik op aankom, omdat jy deur die wet onderrig word.  ( 19)  Jy is daarvan oortuig dat jy 'n gids vir die blindes is, 'n lig vir dié wat in die duisternis is,  (20)  'n leermeester van dié wat onkundig is, 'n onderwyser van dié wat niks weet nie, omdat die wet vir jou die samevatting is van kennis en waarheid – (21)  jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy nie?  (22)  Jy wat sê 'n mens mag nie egbreuk pleeg nie, pleeg jy nie egbreuk nie? Jy wat 'n afsku het van afgode, beroof jy nie hulle tempels nie?  (23)  Jy wat jou op die wet beroem, doen jy God nie oneer aan deur sy wet te oortree nie?  (24)  Inderdaad, soos daar geskrywe staan, “as gevolg van julle optrede word die Naam van God deur die heidennasies belaster.” (25)  Die besnydenis het waarde alleen as jy die wet van Moses onderhou. Maar as jy die wet voortdurend oortree, is jou besnydenis niks anders as onbesnedenheid nie.  (26)  As die onbesnedene die voorskrifte van die wet onderhou, sal God dan nie sy onbesnedenheid as besnedenheid reken nie? (27)  Ja, iemand wat kragtens sy afkoms 'n onbesnedene is, maar tog die wet onderhou, sal jou selfs veroordeel, vir jou wat met wetsvoorskrifte en besnydenis en al die wet oortree. (28)  Nie hy is 'n Jood wat dit uiterlik is nie, en nie dit is besnedenheid wat uiterlik aan die liggaam gedoen is nie.  (29)  Nee, hy is 'n Jood wat dit innerlik is, en dit is besnedenheid wat in die hart gedoen is deur die Gees, nie volgens die wetsvoorskrifte nie. So iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God. Rom 3:1-20  Het dit dan enige voordeel om 'n Jood te wees, en het die besnydenis enige nut?  (2)  Ja, baie, in allerlei opsigte. Die belangrikste is dat God sy woorde aan die Jode toevertrou het Watter nut het die besnydenis nog vir die Joodse Christene gehad? Dit was vir hulle ’n bevestiging daarvan dat God deur die eeue met hulle bemoeienis gemaak het. (3)  Maar wat nou as sommige nie getrou gebly het nie? Sal hulle ontrou die trou van God laat ophou?  (4)  Beslis nie. Dit staan vas dat God betroubaar is en elke mens 'n leuenaar, soos daar geskrywe staan: “U is regverdig wanneer U uitspraak doen en U wen u saak wanneer U aangekla word.” (5)  Ons verkeerde dade laat dus blyk dat God regverdig is. Wat sal ons daarvan sê? Ek redeneer soos mense gewoonlik redeneer. Is God dan nie onregverdig as Hy ons straf nie?  (6)  Beslis nie. Hoe sou God anders oor die wêreld kan oordeel? Wat bedoel Paulus met ons verkeerde dade laat die getrouheid van God duideliker word? Die feit dat almal skuldig is lê baie meer klem op hoë groot God se genade in Jesus Christus is. 7)  Maar as my leuenagtigheid die betroubaarheid van God duideliker aan die lig gebring het en so dien tot eer van God, waarom word ek dan nog as sondaar veroordeel? (8)  Beteken dit dat ons sê: Laat ons die verkeerde doen sodat die goeie daaruit kan voortkom? Daar is mense wat ons dit wel lasterlik in die mond lê, maar hulle kry die oordeel wat hulle verdien. Romeine 3:9-20
  1. Is daar iemand wat sonder skuld is en wat moet dit ons laat besef?
Nee, almal is skuldig voor God. (vers 10). Dit moet ons laat besef dat ons almal Jood en nie-Jood gelykstaan voor God en dat ons almal ewe veel afhanklik is van God se genade wat Hy deur Jesus Christus geopenbaar het. Dit moet ons laat vra na wat doen ons met die voorreg dat God ons uit sy genade en liefde red. Wat doen jy met die voorreg om deel van die kerk te wees en ’n Bybel te hê? Die belangrikste is dat juis daar waar jy besef dat jy nie eers jouself kan vertrou nie, kan jy op God vertrou. Galasiers 5:22-25 (9)  Waarop kom dit neer? Is ons as Jode dan beter as die ander? Glad nie, want ons het al bewys dat Jode en nie-Jode almal in die mag van die sonde is. (10)  Daar staan immers geskrywe: “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie,  (11)  daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie.  (12)  Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie. (13)  Hulle keel is 'n oop graf, met hulle tonge bedrieg hulle. Oor hulle lippe kom woorde so giftig soos slange,  (14)  hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.  (15)  Hulle voete is vinnig om bloed te vergiet.  (16)  Hulle laat 'n spoor van verwoesting en ellende agter.  (17)  Die pad van vrede het hulle nie leer ken nie,  (18)  ontsag vir God het hulle nie.” (19)  Dit weet ons: alles wat Moses se wet sê, sê hy vir dié wat die wet het. Niemand sal hom dus kan verweer nie, en die hele wêreld is strafwaardig voor God.  (20)  Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer 'n mens wat sonde is. Romeine  - Gesprek 01
  1. Agtergrond van die Brief aan die Romeine
(Dis nie nodig vir die groep om al die detail neer te skryf nie. Die vetgedrukte dele is die hoofgedagtes. Die inligting is beskikbaar in boeke en op internet) Paulus skryf hierdie brief waarskynlik van Korinte af naby die einde van sy derde sendingreis, in die 3 maande wat hy in Griekeland deurgebring het (Hand 20:2-3).  Hy is op pad met die dankoffers wat gemeentes in Masedonië en Agaje bygedra het vir die gemeente in Jerusalem (vgl Rom 15:25-26 met 1 Kor 16:1-7) . Rome was ’n groot stad met tussen 1miljoen en 1.5 miljoen inwoners. Daar was ± 60 000 Jode in die stad. Paulus was ’n Romeinse burger van geboorte. Ons weet nie of sy familie ’n verbintenis gehad het wat hom burgerskap gegee het nie en of Tarsus waar Paulus vandaan kom as deel van Rome beskou is en almal burgerskap gehad het. Die brief is gerig aan die gemeente in Rome, waarvan, hoewel hy nie by hulle stigting betrokke was nie was baie mense aan hom bekend (Rom 16:3-16 – hy groet meer as 26 mense by name, waarvan ’n derde vroue is!) Dit kan dui op ’n baie groot migrasie van Christene wat op een of ander stadium na Rome toe moes plaasvind. Die Christengemeente was baie klein en het bestaan uit bekeerlinge uit die Jode en Nie-Jode. Dit is nie bekend hoe die gemeente ontstaan het nie, waarskynlik deur Jode wat teenwoordig was met die uitstorting van die Heilige Gees. Die brief is waarskynlik 55-56nC geskryf en keiser Nero was aan bewind en dit het baie goed gegaan in die Romeinse Ryk. Keiser Claudius het in 49nC die Jode uit Rome verban. Die gemeente se ontstaan moes daarvoor wees. Hand 18:2 – Paulus ontmoet vir Priscilla en Akwila in Korinte. Hulle het juis a.g.v. die verbanning uit Rome gevlug. Hulle het op daardie stadium vir Apollos onderrig in die evangelie en moes daarom reeds voor 49nC in Rome deel van ’n geloofsgemeenskap gewees het. Dit is duidelik dat die stryd rondom die inskakeling van Christene uit die heidense nasies nog hewig woed, hoewel hulle in die meerderheid was in die Romeinse huisgemeentes (vgl 16:5,14,15).  En die vraag is steeds krities: moet gelowiges uit die heidennasies die wet nakom of nie?  Daarom verset Paulus hom steeds teen die klem wat sekere Joodse gelowiges plaas op die besnydenis (2:25-3:1; 4:9-12 – vgl Gal 5:2-12) en die voedsel wette (Rom 14:1-23) – uiteraard, uit hulle perspektief, as ’n manier om hulle Joodse identiteit in die vreemde te bewaar, maar waarmee, uit Paulus se perspektief, hulle Christelike identiteit in gedrang kom. Dit sluit natuurlik ook die onderhouding van die Sabbat in, hoewel Paulus dit nie hier eksplisiet noem nie (vgl egter Kol 2:16). Selfs met Paulus se laaste besoek aan Jerusalem aan die einde van sy drie sendingreise, sou dié vraag steeds krities wees.  Vergelyk die klem wat die gelowiges in Jerusalem op die wet van Moses plaas in Hand 21:17-26.  Dit is juis sy inval by hulle planne wat hom in die moeilikheid bring en uiteindelik as gevangene in Rome bring, sy eerste besoek daar, maar in boeie. Daarom skryf Paulus hierdie brief om die eenheid van alle gelowiges te beklemtoon, gebaseer op die krag van God, deur die geloof in Jesus Christus en die lewe deur die Gees.  God spreek mense vry: “enkel en alleen omdat hulle glo” (Rom 1:17) en nie omdat hulle die wet nakom nie – ’n boodskap wat regdeur die eeue gelowiges aangegryp het: die wonder van God se genade aan sondaars. Let op hoe Paulus in ’n retoriese trant skryf (die sogenaamde diatribe) wat leraars van daardie tyd baie keer gebruik het, ’n soort vraag-en-antwoord metodiek geplaas in ’n verbeelde dialoog.  ’n Mens sien dit op ’n paar plekke in die brief, bv. 2:1-5, 17-24 waar hy in ’n verbeeldingsgesprek is met ’n Joodse gespreksgenoot en in 11:13-24 met ’n gelowige uit die heidense nasies.  Let ook op hoe Paulus in beide gevalle hulle selfverheffing op grond van hulle afkoms aanvat, omdat dit van geen betekenis is binne die nuwe gemeenskap wat God geskep het nie (in die brief aan die Efesiërs sal hy weer terugkom na dié gedagte). Hy stuur die brief waarskynlik saam met Febe (Rom 16:1-2 – Kenchreë is die oostelike hawe in Korinte), ook omdat hy graag met hulle hulp die evangelie verder sou wou vat na Spanje (Rom 15:22-33).  Maar die belangrikste rede is om hulle teen verdeeldheid te waarsku – sommige verklaarders dink dat Joodse gelowiges apart van gelowiges uit die heidennasies in hulle huiskerke vergader het (vgl die huiskerke waarvan in 16:5, 14, 15 gepraat word) – en te wys dat só ’n praktiese reëling die evangelie in sy wese kan aanrand.
  1. Watter temas kom in die boek Romeine voor? (Gebruik so 5 min om gedagtes te identifiseer)
Sonde, verlossing en blye dankbaarheid – dit is die indeling wat in die Heidelbergse Kategismus gebruik word. Wet 10:10 Niemand wat glo sal teleurgestel word. Wat belowe is word deur die geloof verkry nie die wet. Genade en genade . Hele wese glo – hart en mond met alles. 9:6-18 Riglyne vir Christenskap :12:9...
  1. Enige gedeelte in Romeine wat vir jou besondere betekenis het?
Bv. Romeine 8:32-39 Rom 12 Rom 11:29 Rom 11:36 15:14...  
  1. Wat ander deur die geskiedenis oor die brief te sê
Die bestudering van die boek Romeine was nog altyd ’n lewensveranderende ervaring. Augustinus was bedruk.... Augustinus het in 386 n.C. ’n lewensveranderende ervaring gehad toe hy getref is deur die woorde van Romeine 13:13,14.  “(13)Laat ons in ordentlikheid lewe soos in die dag, nie in drinkery en uitspattigheid, ontug en onsedelikheid, of in rusie en jaloesie nie. (14)  Maar klee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsiening vir die vlees en om sy begeertes te bevredig nie. Hy skryf later hieroor dat hy nie verder gelees het of enige ander behoefte gehad nie, want nadat hy dié woorde gelees het, het ’n helder lig oor sy hart geskyn en al die donkerte van twyfel van hom weggevat. Martin Luther, 1483-1546 Die brief is werklik die belangrikste gedeelte in die Nuwe Testament. Dit is suiwere evangelie. Dit is die moeite werd vir ’n Christen om nie net die boek woord vir woord te memoriseer nie, maar ook om jou daagliks daarmee besig te hou asof dit brood vir die siel is. Dit is onmoontlik om hierdie brief te veel te lees of daaroor na te dink. Hoe meer jy daarmee besig is, hoe kosbaarder word dit en hoe beter smaak dit. Daarom wil ek diensbaar wees en my verantwoordelikheid nakom en met hierdie voorwoord wil ek graag ’n inleiding gee tot die brief in soverre wat God my die vermoë gegee het, sodat almal die bes moontlike begrip van die brief kan hê. Tot nou toe is die brief vertroebel deur verklarende nota’s en kommentare en niksseggende opmerkings, maar die brief is sigself ’n baie helder lig, amper helder genoeg om die hele Bybel te verlig. John Wesley (Anglikaan 1703-1791) het geskryf dat hy baie onwillig na ’n geleentheid gegaan het waar iemand Luther se voorwoord gelees het op sy kommentaar oor Romeine. Terwyl die voorleser die verandering beskryf het wat god bewerk in die hart deur geloof in Jesus Christus, het hy ervaar dat sy hart op ’n vreemde manier warm geword het. Hy het skielik daar besef dit is wat in sy lewe gebeur, hy hét in Jesus Christus geglo en in Christus alleen. Op daardie oomblik het hy besef dat sy redding en sekerheid het God vir hom gegee en God het in Jesus Christus sy sondes weggevat en hom gered van die verslawing van sonde en die dood. Karl Barth het in sy kommentaar oor Romeine klem gelê op die reddende genade van God en die mens se onvermoë om God te ken buiten deur God se openbaring in Jesus Christus.  God wat Homself aan die kruis openbaar maak enige poging, om God te verbind met menslike kulture, prestasies en besittings, nietig. Gee geleentheid dat elkeen rustig na aanleiding van die volgende vrae – vers 1-17 lees.
  1. Romeine 1:1-17
    1. Wat val jou op van hoe Paulus die brief begin? (1)
  2. Slaaf van Jesus Christus. Stel hom vrywillig in diens. Is geroep en afgesonder net vir hierdie werk.Waar sien hy die oorsprong van die evangelie en waarom dink jy is dit belangrik dat hy dit so noem? (2)
Hy maak ’n Ou-Testamentiese verbintenis om Jode en nie-Jode te verbind met die evangelie wat nie sommer maar net ’n nuwe of vreemde beweging is nie. As mens uit die geslag van Dawid.
  1. Waaroor handel die evangelie en wat beklemtoon hy oor hierdie evangelie? (3,4)
Die evangelie handel oor Jesus Christus en wel Hom as die Seun van God. Jesus is die een wat vryspraak moontlik.
  1. Hoe verduidelik Paulus sy verbintenis met die evangelie? (5)
Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.
  1. Wat is Paulus se verbintenis met die gelowiges in Rome? (6,7) (14,15)
Hulle is Christene. God het hulle lief Hy wil aan almal die evangelie verkondig Hy is ’n Romeinse burger Deel in die geloof
  1. Waarom wil hy hulle graag besoek? (8-13)
ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word ek wil 'n geestelike gawe aan julle oordra om julle te versterk net soos by die ander heidennasies, mense vir Christus te wen.
  1. Wat is volgens Paulus die kern van die evangelie? (16,17)
Vryspraak kom deur geloof in Jesus Christus en God se genade alleen. Vir volgende keer.
  • Lees Romeine 1:18-3:20.
  • Lees dit elke dag oor en oor.
  • Maak aantekeninge oor gedagtes wat jou opval en wat onduidelik is.
  • Probeer in kort vir jouself opsom waaroor handel dié