NHSV

 

BOSVELDFEES     – 2014

Ons beweeg al hoe nader aan die Bosveldfees-datum, en die opgewondenheid begin plek-plek deurslaan. Daar is groot bedrywigheid in die kombuis by die saal waar die dames hard besig is om al die gebak vir die koekstalletjie af te handel.  Ons nooi al die dames in die gemeente uit om mee te doen aan die bedrywigheid. Soos elke jaar, verrig die NHSV al die gebak – maar ons wil nie die besondere baksters in ons gemeente uitsluit nie en sal dit baie waardeer indien ons gemeente dames ook gebak skenk. Die gebak waarvoor u/moeder/ouma so bekend was:  voorbeelde: u besondere aarbeikoek, of u gewilde dadel- of vrugtebroodjie, ouma se lekker kaneel-en-klappermelktert.   ‘n Baksel van u tradisionele botterkoekies.  Daardie gewilde liplekker familiegebak.  Dit sal baie waardeer word. Ons beste wense aan die Bosveldfees-komitee – wees verseker van ons volle ondersteuning en ons weet die fees gaan ‘n “fees” wees. ----ooo0ooo----